NASA foto van aarde se "opkoms"

Die Amerikaanse ruimte navorsers by NASA het ’n pragtige foto vrygestel wat uit ’n ruimtevaartuig se kamera geneem is van die aarde se “opkoms” oor die horison van die maan.

Die foto’s wat geneem kon word, is uit die Lunar Reconnaissance Orbiter geneem toe die besonderse gebeurtenis afgeneem kon word.

Wat egter die gebeurtenis nog meer interessant maak, is dat die ruimtevaartuig eers op sy kant moes draai met ’n “hoek” van 67 grade, terwyl die vaartuig teen ’n spoed van meer as 1,600meter per sekonde deur die hemelruim “vlieg”.

Alhoewel die foto geneem is, is dit tegnies nie moontlik dat die aarde sal “opkom” oor die maan se horison nie, en was die foto bedoel om ander gegewens aan die aarde te voorsien.

Die foto wat hier vertoon word, wys die Afrika kontinent.