Moeilike 2015 vir Standard Bank groep

Die Standard Bank groep het vir 2015 ʼn moeilike jaar ervaar. Benewens ʼn swak wêreldekonomie was die bank skuldig bevind aan ongerymdhede in Tanzanië en moes boetes van meer as R450-miljoen in Brittanje en R50-miljoen in die VSA betaal.

 

Die klag teen die bankgroep was dat Stanbic Tanzania die regering van die land probeer beïnvloed het om die bank te bevoordeel met die toekenning van ʼn mandaat vir kapitaalskepping.