Miljarde geskenk vir gelykstelling

Die stigter en oprigter van Facebook, Mark Zuckerberg en sy vrou Priscilla het gesamentlik besluit om in die komende jare byna al sy aandele in die maatskappy te skenk vir ’n projek vir die gelykstelling van ryk en arm mense in die wêreld.

Hy het die aankondiging gemaak op die geboortedag van sy eerste dogter, Max, met die bedoeling dat die opheffing van arm mense met sy skenking van miljarde euro gedoen moet word.

Die Chan Zuckerberg Initiative is gestig vir hierdie doel en beloop sowat 45 miljard dollar wat aangewend sal word om die “opheffing” te doen.

Sowat een miljard dollar word jaarliks in die projek gestort, wat sal verseker dat hy nog baie jare die meerderheidsaandeel in die maatskappy sal besit..

Foto – Mark Zuckerberg en sy vrou Priscilla