Migrante kos Duitsland biljoene euro

Afhangende van hoeveel onwettige migrante na Duitsland gaan stroom in die volgende paar jaar, kan migrante huisvesting die land tussen 25 en 55 biljoen euro kos.

Die studie is gedoen deur die Kiel Instituut vir Wêreldekonomie se jongste verslag wat in Duitsland vrygestel is.

Die Instituut het bevind dat die sowat een miljoen migrante wat vanjaar die land binne gegaan het, reeds etlike biljoene euro beloop en word op 55 biljoen beraam.

Na mate die migrante huiswaarts keer kan die uitgawes daal tot sowat 25 biljoen euro per jaar.

Die verslag wys ook daarop die uitgawes kan wissel, afhangende van hoe lank die onwettige migrante deur Duitsland gehuisves gaan word.

Intussen bou die ontevredenheid op onder Duitse werkers wat vrees dat migrante die Duitsers van hulle werksgeleenthede kan beroof.