Manuel oor Zuma en FinMin

Die voormalige Minister van Finansies, Trevor Manuel, het in ‘n kwaai brief sy misnoë uitgespreek oor pres. Jacob Zuma se hantering van die afdanking van Nhlanhla Nene.
Volgens Manuel het dit nie net die kabinet se vertroue geskud nie, maar ook dié van die sakesektor, kiesers en die ANC.
Hy sê die president se bewering dat mnr. Nene bestem is vir ’n sekere ongedefinieerde pos in die Brics-bank hou nie water nie.
Die aankondiging van die Brics-bank was ook nie tydgebonde nie, waarom die haas? Geen poging is aangewend om enigiets hieroor te verduidelik nie, het Manuel gesê.
Manuel sê hy het tot nou toe stil gebly, maar het besluit om sy standpunt te stel in reaksie op Lindiwe Zulu, Minister van Kleinsake-ontwikkeling, se uitlating dat die sakesektor smee ’n komplot teen Zuma. Zulu ontken ten sterkste dat sy dit gesê het.
In sy brief sê Manuel Zulu is verkeerd in haar aannames oor die rol, verantwoordelikheid en houding van die sakesektor.
Hy sê hy was self geskok oor Nene se summiere ontslag en Des van Rooyen se aanstelling in sy plek.