Louwarm taalbesluit by Maties

Ofskoon die Raad van die Universiteit van Stellenbosch die status quo van Afrikaans handhaaf, lui die raadsbesluit dat beide Afrikaans en Engels as onderrigtaal uitgebou sal word.

Die verwelkoming van die besluit uit ingeligte kring ten spyt, meen taalstryders dat hierdie in wese neerkom op ´n parallel-medium kompromis.

Indien die onlangse geskiedenis hiervan op veral skolevlak oorweeg word, handhaaf hierdie die besluit nie Afrikaans nie, maar stel dit die moontlike afskaf daarvan as onderrigtaal bloot uit.

Soos verwag kon word, het die anargistiese Open Stellenbosch die raadsmosie verwerp.

Ons het niks minder van die raad verwag nie. Die raad is onbevoeg en verstaan nie,transformasie nie,” was die reaksie deur Mohammad Shabangu van die OS terreurgroep.

Kampusse landwyd word die afgelope maande geterroriseer deur verskeie terreurgroepe.

Selfs die ANC-swaargewig Gwede Mantashe verwys volgens berigte na die regime se kommer dat kampusgeweld deur oorsese rolspelers befonds word om die ANC te destabiliser.