Litaue verminder hulp aan migrante

Die president van Litaue, Dalia Grybauskaite, het die besluit van haar land verdedig wat bepaal dat die betalings aan migrante wat op die land afgedwing is, drasties verminder word.

Sy sê die voorsiening van fondse aan die migrante sal veroorsaak dat integrasie met die bevolking van die land aangemoedig word, wat nie goed is vir Litaue nie.

In haar toespraak het sy genoem dat Frankryk en België die sprekende voorbeeld is van migrante wat groot somme geld ontvang het, maar wat gestaak is omdat dit nie gewerk het nie.

President Grybauskaite het beklemtoon dat daar reeds gevalle voorgekom het van migrante wat radikaal handel, en wat ’n bedreiging vir die inwoners van die land inhou.

Tydens ’n TV-onderhoud het sy daarop gewys dat Litaue nie aan migrante geld sal betaal wat eintlik aan die bevolking betaal moes word nie, en die migrante kan ook nie meer geld kry as wat die land se eie mense kry van die staat nie.

Die regering het pas besluit om die betaling aan migrante te verlaag van 456 euro tot 204 per maand.

Die betaling geld ook net vir die volgende ses maande, waarna dit met 50% verminder word na 102 euro per maand.

Die president wys daarop dat 204 euro sowat 83% is van die pensioen wat aan die land se burgers betaal word.

 

Foto – President Dalia Grybauskaite