Le Pen wil regering aankla

Die leier van Front Nasionaal in Frankryk, Marine Le Pen, het tydens ’n TV onderhoud gesê sy wil die Franse regering aankla vanweë die omstandighede in Calais waar derduisende migrante in tente woon.

Die migrante wil vanaf Calais oorbeweeg na Groot-Brittanje, en Le Pen meen die Noord-Franse hawestad is ’n onveilige plek vir die burgery van Frankryk.

Marine Le Pen het ook gesê sy sal haarself verkiesbaar stel as presidentskandidaat tydens die volgende verkiesing.

“Ek sal die lewe van die regering ruïneer, hoor jy my? Ek sal hulle elke dag en elke minuut aanvat oor alles wat verkeerd is”, het sy tydens die TV onderhoud gesê.

Intussen het die Franse premier Manuel Valls, ’n wanklank gemaak om kiesers bang te praat oor die gevaar van ’n moontlike oorwinning deur Front Nasionaal.

Premier Valls het tydens ’n radio-onderhoud gesê die kiesers moet begryp dat as Marine Le Pen die verkiesing wen, kan ’n Franse burgeroorlog uitbreek.

Waarskynlik is die uitlating een van die redes waarom Front Nasionaal verloor het in die tweede rondte van die verkiesing wat die afgelope naweek gehou is.

Le Pen kon nie een van die vorige oorwonne gebiede behou nie, terwyl die Republikeine uitstekend gevaar het met die sosialiste van pres. Hollandè se steun.