Kubaai

As ‘n mens begin praat van buitelanders wat selfs in SA die nuus haal sou mens dalk dink dat jy praat van die getrumpetter van die mop met die mond wat in peilings voorloop teen regte republikeine in die Amerikaanse voorverkiesings. Miskien sou mens selfs dink aan Steve Harvey se kroning van van die verkeerde mej. Heelal (Asof enige iemand oor twee weke gaan onthou of dit nou mej. Guatamala of mej. Venesuela was). Miskien dink jy aan hoe die weste se aanhoudende geflankeer met ontwikkelende lande uiteindelik vir hulle ‘n STD besorg het en sg vlugtelinge soos ‘n jeuk-brandende uitslag hulle lande bedek met Skelms, Terroriste en Diewe.

Wat jy gewoonlik nie aan sal dink nie is die nuwe provinsie van Kuba wat in die Vrystaat gevestig is. ‘n Tros ingenieurs met graadsertifikate wat in vetkryt geteken is deur direkteure met name soos Mickey, Donald en Pluto, is ingevoer om die land se waterprobleme te kom oplos. Hulle volg dieselfde aksieplan as wat hul landgenote gevolg het om die staat se mediese stelsel te omvorm. Die land se staatshospitale is nou die land se beste bron van mediese sorg na die privaatsektor, tuisbehandeling en die behandeling van ‘n verskeidenheid probleme wat op pamflette in jou ruitveërs belowe word.

Daar is wel enkele struikelblokke. Die feit dat hulle nie een van die elf amptelike reënboogtale kan praat nie beteken dat hulle wel met hul dokters kan kommunikeer, maar nie met kollegas nie. Verder is hulle opgelei in ondergrondse waterstelsels (waarskynlk met ‘n selfoonspeletjie genaamd plumber). Ons stelsels verskil blykbaar hemelsbreed. En die grootste struikelblok is om iemand wat vir politieke redes aangestel is te oorreed om hoegenaamd iets te doen vir die reuse salaris wat hy ontvang!

Ek het wel ‘n moontlike oplossing vir ‘n grootskaalse ontvolking van Kubane. As ons die ingenieurs lank genoeg aan die waterstelsel kan laat werk, hulle dan oortuig om hul mediese behandeling uitsluitlik by hule eie dokters te kry en weer die dokters kan oortuig om net kraanwater te drink is ons dalk binnekort ontslae van hul almal!

Tot volgende slag, Kubaai

Die Sweep