Kohler Barnard vergeef

Die DA het het in alle opsigte sy sin gekry rakende die kwessie rondom die geskorste senior LP, Dianne Kohler Barnard en aldus die leier van die party, Mmusi Maimane, is alles nou vergewe en vergeet.
Hy sê hulle het gewys dat daar nie plek vir rassiste of rassisme in die party is nie. Daar is geen ruimte vir nostalgie oor apartheid nie en nou is dit tyd om aan te beweeg en op 2016 te fokus.
Die tugpaneel het Kohler Barnard se skorsing opgehef nadat sy verlede maand uit die DA geskop is omdat sy ’n omstrede Facebook-inskrywing oor P.W. Botha gedeel het.
Die ANC oorweeg dit om haar by die parlement se etiekkomitee te verkla.

.