Klimaatberaad, sukses of klug?

Die 196 lande het vir twee weke die een na die ander redenasie gevoer oor klimaatsverandering tydens die konferensie in die Franse hoofstad Parys.

Saterdag het die Konferensie amptelik tot ’n einde gekom met die Franse as gasheer wat die besluite kortliks aan die afgevaardigdes voorgehou het en wat daarna goedgekeur is.

In teenstelling met die mislukking van die vorige konferensie wat in Kopenhagen gehou was, word die Parys konferensie as meer suksesvol beskou deur afgevaardigdes, alhoewel almal nie ewe opgewonde is oor die uitkoms nie.

Ambisieuse besluite is geformuleer, en onderskeid is gemaak tussen verskillende lande se omstandighede, om daarmee groter eensgesindheid te bewerkstellig.

Die geïndustriële lande soos die VSA, Europa en Noorweë se omstandighede verskil van die Afrikalande en lande soos soos Mexico en Colombië, asook dié van die Karibiese gebied..

Die hoofsaak is dat afgevaardigdes dit eens is om die wêreld se skadelike gasse wat aardverwarming veroorsaak, teen die jaar 2030 te beperk tot  2 grade Celsius.

Of die besluite tot uitvoer gebring gaan word, is ’n raaisel wat eers met tyd opgelos sal word, want te veel ontleders sê die lande hou nie by dit wat besluit word nie.