Kritiek en beskuldigings stroom in van kundiges wat reageer nadat ’n kennisgewing verlede week in die Staatskoerant gepubliseer is wat die deur oopmaak vir versoeke vir voorleggings vir Suid-Afrika se kernkragbouprogram.
Van die vernaamste kritiek is dat openbare vergaderings oor die kernkrag-verkrygingsproses moes plaasgevind het voordat die kabinet die proses goedgekeur het.
Suid-Afrika beplan om teen 2030 altesame 9,600 MW-kernkrag op te wek.
Thabane Zulu, Direkteur-generaal van die Departement van Energie, het in ’n verklaring die onderneming gegee het dat die Departement tot kostedoeltreffendheid en deursigtigheid verbind is. Kundiges twyfel egter aan die stelling.
Die skokkendste is dat die kwessie so half onder die tafel gehanteer word. Opposisielede is veral bekommerd oor die huidige ekonomiese klimaat in die land en die feit dat die hele wêreld feitlik in ‘n resessie is.
Nog ‘n beswaar is dat daar nie openbare sittings was nie. Die Departement van Energie sê daar was reeds openbare sittings gewees maar verswyg die feit dat daar geen debatvoering was nie.
Nog ‘n kundige wys daarop dat die regering verbind hom herhaaldelik daartoe dat die kernkrag-verkrygingsproses oop en deursigtig sal wees, maar daar is steeds geen inligting hieroor beskikbaar in die openbare domein nie.
Al weer BEDROG van die anc regering wat net wil steel – Korrupte spul gemors – mog dit in hulle gevrete ontplof!
Goeiedag Boere,
Die rede hoekom Zuma die vorige Minister van Finansies in die pad gesteek het, was omdat hy die bedrog gepaardgaande met die kontraktering van hierdie Kernkrag-projek met die Russe, openbaargemaak het.
Die bedrog wat Mandela en Mbeki met die sg. Wapenskandaal gepleeg het, gaan soos ‘n kinderpartytjie lyk teenoor dit wat uit hierdie nuutste ANC skandaal op die lappe gaan kom.
En wie moet ons bedank? ….Die aanvanklike bedrog van ons aartsvyand Milner, wat met partypolitiek en die sg. “Afrikaner Nasionalisme” al die Afrikaanssprekende blankes in hierdie land verlei het, om die Boerevolk te vernietig en ons minerale rykdom te steel.
Maar sterkte en Boeregroete aan elkeen wat steeds ons Geloftes aan ons Vader in stand hou.
DuP