Johannesburg se gradering verhoog

Fitch het Johannesburg se nasionale langtermyngradering verhoog. Die graderingsagentskap het dit gegrond op die stad se fiskale krag en volhoubare skuldvlakke, het die Tesourie in ’n verklaring gesê.
Pravin Gordhan het gesê Suid-Afrika het stede nodig wat finansieel volhoubaar is en wat kan belê in infrastruktuur wat mense se lewensgehalte verbeter.
Stede is ons enjins vir finansiële groei, het hy gesê.
Volgens die Tesourie sal Suid-Afrika deur sy stede inklusiewe groei kan behaal – die soort groei wat ekonomiese ongelykheid verminder en ekonomiese geleenthede vir armes skep.