Islamitiese Staat wou Russe terroriseer

Tien Siriese burgers wat verbind word aan terroristiese dade en deel is van die Islamitiese Staat (IS), het Thailand binnegekom met die uitsluitlike doel om Russiese belange in die land te saboteer.

Die inligting is deur die polisie van Thailand gedokumenteer, wat later op onverklaarbare wyse in die hand van die pers gekom het.

Volgens die dokument het die Thailandse polisie se spesiale afdeling voorsorg getref met verhoogde veiligheidsmaatreëls om te verseker dat die Russiese belange in die land nie beskadig of gesaboteer word nie.

Die polisie beweer dat die sabotasie beplan is nadat Russiese vegvliegtuie vernietigende aanvalle uitgevoer het op IS basisse in veral Sirië en Irak.

Die inligting soos in die dokument vervat is, is deur die Spesiale Eenheid van Thailand aan polisie regdeur die land gestuur, en het uiteindelik ook in die hande van die media beland.

Foto – pres. Vladimir Poetin