IS-terroriste wyk uit Damaskus

’n Ooreenkoms wat met Islamitiese Staat (IS) bereik is deur die Siriese onderhandelaars, sal die terreurgroep en die Al-Nusra-Front hul magte terugtrek uit Damaskus.

Die inligting is verkry uit ’n betroubare bron wat betrokke was by die onderhandelings.

Die ooreenkoms is gesluit na ’n eerste rondte van gesprekvoering met die leiers van die IS-terroriste.

Die onderhandelinge tussen die regering van president Bashar al-Assad en die terroristegroepe het plaasgevind na maande lange pogings om die vergadering gereël te kry.

Vroeër het president Assad gesê hy is nie bereid om met terroriste te onderhandel wat in sy land met terreurdade besig is nie.

Tot hede was verskillende terreurgroepe en rebellemagte in Damaskus teenwoordig, maar uitgerekte onderhandelings met elkeen het daartoe gelei dat al die groepe sal onttrek uit die gebied.

Verteenwoordigers van Islamitiese Staat, Al-Kaïda en Al-Nusra-Front het aan die onderhandelings deelgeneem, asook ’n paar kleiner groepe.

Die groepe het ingestem om sowat 4,000 stryders te onttrek uit Damaskus waarvan die meeste lede van die IS-groep is.

Die ooreenkoms lui dat die terroriste wat onttrek, na Raqqa verskuif sal word, wat bekend staan as die selfverklaarde hoofstad van die IS groep.

’n Deel van die terroriste sal ook na die Aleppo provinsie, naby die Turkse grens verskuif word.

Kenners meen egter dat die ooreenkoms nie enige moontlikheid van sukses het nie, en die verwagting is dat niks konkreet gaan gebeur nie.