Iran missiel gee koue rillings

’n Irannese gids-boot het op 26 Desember verskeie missiele afgevuur wat ’n Amerikaanse oorlogskip genoop het om waarskuwingseine uit te stuur weens die gevaarlike nabyheid van die missiele.

Die oorlogskepe wat waarskuwings moes uitstuur, is ter ondersteuning van die lugaanvalle teen die Islamitiese Staat in Irak en Sirië.

’n Woordvoerder van die Amerikaanse Weermag sê die optrede van die Irannese boot word as hoogs onverantwoordelik beskou en kan lei tot ernstige konflik en beskadiging aan toerusting van die koalisieweermag.

Die optrede word, volgens bevelvoerder Kyle Raines van die VSA se sentrale sentrum as provokasie beskou, en dat dit onveilig en onprofessioneel was.

Kyle Raines sê in ’n verklaring die missiele was te naby aan die koalisielande se skepe soos die VSA se Bulkeley, ’n Franse fregat, en verskillende skepe wat voorraadaanvullings dra.

Raines se die Irannese skip het slegs ’n 23 minute vooraf waarskuwing uitgereik, wat beslis nie voldoende tyd is om na veiligheid te beweeg nie.

Hy sê die optrede van die Irannese skip verskil ernstig van die gewone optrede van Iran se Weermag wat goeie samewerking bied met Amerika.