Irak verdryf IS terroriste

Die Irakse weermag is tans besig met doelgerigte pogings om ontslae te raak van die Islamitiese Staat (IS) in sy land, en het begin met hewige aanvalle op terroriste basisse.

Die staat se TV nuus het berig dat regeringsmagte die terroriste aangeval het in een van die belangrikste stede wat tot dusvêr deur IS beheer is.

In een van die hewigste gevegte het die weermag toegeslaan op ’n provinsiale hoofstad sowat 100 km van Bagdad, en nog meer soortgelyke aanvalle word gedurende die week beplan.

Die stad Ramadi, wat deur IS-magte beset is, word as volgende teiken in die week aangeval met die doel om die IS magte te verdryf.

Daarna sal die stad Mosul wat in die noorde geleë is, aangeval word wat ook op die oomblik in die hande van die terroriste is.

’n regeringswoordvoerder se die weermag sal ondersteuning van die VSA se vegvliegtuie geniet wat met lugaanvalle die terroriste se basisse gaan bombardeer.

Verlede Donderdag het Amerikaanse vliegtuie 19 bomaanvalle uitgevoer op IS-stellings in die gebied.