IMF-hoof word vervolg

Die hoof van die Internasionale Monitêre Fonds (IMF) Christine Lagarde, word aangekla in Frankryk oor haar rol in 2008 met die oorhandiging van 400 miljoen euro aan die Franse sakeman, Bernard Tapie.

Lagarde word vervolg weens beweerde nalatigheid in die saak wat ontvou nadat ’n dispuut ontstaan het met die “Credit Lyonnais” bank in die reuse verkooptransaksie van sportdrag deur Adidas.

Tapie is beveel om die geld terug te betaal, wat gedoen is terwyl Lagarde die Minister van Finansies in Frankryk was.

Sy het intussen ontken dat sy enigiets verkeerd gedoen het, en na sowat vyf jaar se ondersoeke wat gedoen is, het Frankryk se hoofaanklaer aanbeveel dat die aanklagte ten haar laat vaar word.

Die nuwe aanklag kom dus as ’n verrassing vir haar sowel as haar regsverteenwoordigers toe dit bekend gemaak is dat die “Cour de justice de la Republique in Paris” se vervolging hervat word.

Haar regsverteenwoordigers sê sy sal die aanklagte teenstaan in die hof, maar is ook bly dat die betrokke minister aangekondig het dat sy nie verhinder mag word om voort te gaan met haar werk nie.