Hoof van IS-finans gedood in aanval

Amerikaanse woordvoerders beweer dat die hoof van Finansiële Dienste van die Islamitiese Staat (IS) is in een van die aanvalle gedood toe ’n teiken gebombardeer is deur missiele uit ’n vegvliegtuig.

Die woordvoerder sê die mees prominente lid van die finansiële afdeling van IS, ene Abu Salah, wat beskou word as die terreurgroep se Minister van Finansies, het in die aanval omgekom.

Salah was glo ook ’n senior lid van die Al Kaïda terroriste wat die finansies van die terreurgroepe bestuur het.

Amerika meen dit is ’n belangrike deurbraak aangesien Salah en sy span werkers wat beskou word as die finansiële brein nou uitgeskakel is aangesien talle ander saam met hom omgekom het.

Volgens die VSA se swartlys van terroriste, is Abu Salah ’n 42 jarige voormalige Irakese burger uit die stamgebied Muwaffaq Mustafa Muhamed al-Karmush.