Hof besluit groot man mag werk

Hy staan 1,04 meter in sy sokkies. Hy weeg iets oor die 200 kg. Hy is 48 jaar oud en is begerig om met sy werk voort te gaan – as die hof so besluit het.

Dit is die omstandighede wat ’n hof in Dresden, Duitsland, moes aanhoor nadat Hartmut sy regsverteenwoordiger genader het toe hy sy werk verloor het omdat hy te groot is.

Hy is werksaam by ’n instansie wat tuindienste lewer, en is verskeie kere deur sy werkgewer gemaan om gewig te verloor want hy kan nie in diens gehou word terwyl hy oorgewig is nie.

Na 30 jaar se diens is hy aangesê om die diens te verlaat, maar het die arbeidshof genader deur middel van sy regsverteenwoordiger.

Die werkgewer het aangevoer dat hy nie meer die konstruksietoerusting kon gebruik om sy werk te doen nie aangesien die grassnyertrekkertjie slegs ’n maksimum massa van 150 kg kan dra.

Die regter van die arbeidshof het bevind die werkgewer moet hom in diens hou, en hy moet twee jaar kans kry om sy gewig reg te kry.

 

Foto – Hartmut en sy prokureur Martin Lauppe-Assmann.