Hittegolf duur tot Maandag

Direk opvolgend van die huidige hittegolf tref  nog een vandag dele van die Vrystaat, Noordwes, Sentraal-Transvaal en KwaZulu-Natal.
Veral in Noordwes gaan dit bloedig warm wees met temperature van tot 42°C, sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens.
Op plekke in Sentraal-Transvaal kan temperature 39°C bereik en in die Vrystaat en KwaZulu-Natal 37°C. Erge donderstorms word vir dele van Sentraal-Transvaal voorspel. Volgens die weerdiens sal temperature eers teen Maandag begin daal.