Griekeland kry druk oor grensbeheer

Die regering van Griekeland verkeer onder erge druk van Europese lande weens sy ondoeltreffende grensbeheer wat toegepas word en daarmee toelaat dat honderde onwettige migrante vrylik beweeg na naburige lande.

Aanvanklik het Griekeland net “skouers opgetrek” vir die klagtes, maar ernstige waarskuwings het die Griekse regering gedwing om  die hulp van die Europese Unie se Frontex-agentskap in te roep om beter beheer toe te pas met die eindelose toestroming van onwettige migrante.

Woordvoerders in Griekeland wys daarop dat die instroming van migrante nie net ’n ernstige huisvesting probleem is nie, maar word maatskaplike probleme al erger en onbeheerbaar.

Onwettige migrante is daarop ingestel om hulle te wend tot een van die Griekse eilande, en is besig om die eiland totaal te beheer.

Van die 160,000 onwettige migrante wat op die eiland is, kon slegs sowat 150 gerepatrieer word, terwyl die res “geblokkeer” word nadat strenger grensbeheer toegepas word met behulp van Frontex.