Goudskat gevind in Sjinese graf

Die Sjinese Staatsburo “Xinhua” het verlede week bekend gemaak dat 285 goue muntstukke in ’n graf gevind is.

Die muntstukke is in die graf, wat meer as 2,000 jaar oud is, ontdek toe restourasiewerk gedoen moes word.

Kenners sê die graf dateer uit die Han-tydperk van die land,  

Die opgrawing is uit die graf van die eerste “Haihunhou” in Nanchang, die hoofstad van die Oos-Sjinese provinsie Jiangxi gedoen.

Die suiwer goud muntstukke weeg sowat 250 gram elk, en is in gelyke hoeveelhede verpak in ’n aantal houers en by die oorskot van die “Markies van Haihun” gelaat.

Volgens oorlewering is die munte deur die Keiser van destyds aan die Markies geskenk, en die ondersoekers het nou toestemming om die graf verder te deursoek.

Die reuse graf, wat sowat 40,000 vierkante meter beslaan, het ook nog agt ander grafte daarin wat nou met versigtigheid ondersoek sal word deur deskundiges.

Die opgrawing het reeds in 2011 begin, maar is glo ’n uiters moeisame taak omdat so baie kleiner ontledings ook gedoen moet word.

In die opgrawing is selfs ’n portret van Confucius gevind, asook ’n groot aantal voorwerpe gemaak van hout, brons, goud en ander metale.

Foto – Van die goue munte wat gevind is