Gesin dood in ontploffing

‘n Gesin van vier het almal gesterf in ‘n ontploffing by hulle huis in Lehmanstraat, Secunda, Oos-Transvaal.

Morné Kruger (37) sy vrou, Patricia (35), en hulle twee kinders, Salome (8) en Morné (5), is dood in die ontploffing. Die voorval het omstreeks 12:30 gebeur, het luit. Bettina Zondo, gesê

Die ma en twee kinders was in een slaapkamer en die pa is in ‘n ander vertrek aangetref. Almal het erg verbrand.
Daar het ‘n brand ná die ontploffing ontstaan wat die huis in puin gelê het. Twee voertuie op die perseel is ook erg beskadig.
Dit is nog nie duidelik wat die ontploffing veroorsaak het nie.