Gesin deur brandweer gered

‘n Gesin wat in groot moeilikheid beland het toe hulle waterponies in seewier by Melkbosstrand vasgesit het, is deur die Milnerton-brandweer gered.
Die ma en een van die kinders het van die golwe ontsnap, maar die pa en ander seun is van hul waterponie afgestamp. Albei het reddingsbaadjies aangehad en is ongedeerd.
Die span was besig met ’n oefening in die water daar naby toe hulle gou gespring het om die mense te help, het die Stad Kaapstad in ’n verklaring gesê.
Die beamptes het hulle terug strand toe gehelp en die waterponie uitgesleep.