Europese politici paniekerig oor regses

In Frankryk kon die Republikeine en hulle teenstanders, die regerende Sosialiste, saamstaan om die Front Nasionaal uit die regering-stoel te hou, maar hoe lank sal die opsie ’n suksesvolle strategie wees, word gevra.

Met die neiging in Wes-Europa dat al minder mense deelneem aan stemming tydens verkiesings, word die Sosialiste en linkse partye se probleem al groter, aangesien die konserwatiewes nie wegbly van die stembus nie.

Daniele Albertazzi, ’n Italiaanse politieke ontleder sê die pogings om regse partye te probeer flous, is nie noodwendig ’n goeie strategie nie, en kan tot nadeel van ’n land wees.

In Nederland is mnr. Geert Wilders vir ’n derde keer aangewys as politieke figuur van die jaar, en word sy toenemende steun onder veral die jonger geslag, ’n bekommernis vir die linkse partye, sê Daniele Albertazzi.

Hy wys daarop dat Front Nasionaal van Marine Le Pen moeilik gestuit gaan word, aangesien die twee grootste partye in Frankryk, hulle posisies moes afstaan en sien hoe Front nasionaal die grootste steun onder die kiesers geniet deur bykans 7 miljoen stemme te trek.

Foto – Marine Le Pen en Geert Wilders