EU volhard met Russiese sanksies

Die Europese Unie het tydens die pas afgelope vergadering bevestig dat die sanksies teen Rusland nie opgehef word nie, tensy daar lidlande is wat skriftelik versoek dat hulle vrygestel word van die besluit.

Die Italiaanse Eerste Minister, Matteo Renzi, het gesê sy land wil eers geleentheid kry om debat te voer oor die onderwerp voordat die verlenging van sanksies teen Rusland finaal bevestig word.

Met die sanksies wat toegepas word, het die Oekraïne hul betaling van 3 biljoen euro terug gehou, wat Rusland laat besluit het om die boikot te beantwoord deur gas verkope af te sny wat die land in ernstige verleentheid gebring het gedurende die eerste wintermaande.

Rusland het die reuse bedrag aan die Oekraïne geleen omdat die land ekonomies sukkelend is, maar met die woelinge in die ooste van die land, het die wedersydse samewerking skipbreuk gely.

Die EU se sanksies teen Rusland het egter ernstige gevolge vir sakemanne in Europa, en weerstand is aan die opbou omdat talle nywerhede afhanklik is van hulle uitvoere na Rusland.