Estonia rebelleer teen migrasie beleid

Dit is nie net een van die Balkanstate wat rebelleer teen die migrantebeleid van hul regerings nie, maar in Estonia se hoofstad, Tallinn, het regse groepe ’n 24 uur lange optog in verset teen die regeringsbeleid gehou.

Die optog en bewusmakingsveldtog volg nadat die regering aangekondig het dat die land moet besin oor hoe die migrante geakkommodeer gaan word, en beslis nie sal besin oor die wenslikheid daarvan nie, want dit gaan gedoen word.

Die optoggangers poog om minstens strenger grensbeheer te bewerkstellig, en eis dat die land ’n referendum hou oor die migrantekwessie.

Regse politieke partye en ander organisasies het eendragtig opgeruk en het saamgekom voor die land se parlementsgebou om hulle besware oor te dra.

Die regse Europese Nasionale Front, die Konserwatiewe Volksparty, die Volksparty vir Eenheid en kleiner groeperings het saam met ander internet sosiale media-groepe van die land hande gevat om die massiewe optog te ondersteun.

Die optoggangers maak ernstig beswaar oor die derduisende migrante wat oor Europa stroom terwyl hulle land se regering maar te gewillig is om ook ’n klomp migrante te huisves.

Estonia is een van die minder bekende Balkanlande, en het na jare se stryd daarin geslaag om los te kom uit die greep van kommunistiese oorheersing.