Richard Remde en Laura het 18 maande gelede hulle dierbare bokser hond verloor wat aan n ongeneeslike siekte gely het, en aan n hartaanval dood is.
Hulle het egter nie gewag nie, en die hulp van n Zuid-Koreaanse bio-tegniese bedryfs-instansie genader en verneem of die oogappel nie dalk gekloon
Die proses is begin en die afgelope naweek is die eerste van twee gekloondes gebore, en die tweede een word binne n dag verwag.
Die kloning was n reuse sukses, en die klein hondjie lyk fris en gesond.
Die laboratorium het eers 12 dae na die dood van hulle hond, velmonsters ontvang waarmee hulle kon werk, maar die wetenskaplikes sê die sukses om honde te kloon hang af van hoe gou die monsters ontvang word. Hulle sê dit behoort nie langer as vyf dae na die dier dood is, by die laboratorium te wees nie.
Die egpaar moes sowat 90,000 euro opdok vir die kloning.
BOOS! SATANSWERK! En dit sal wees soos in die dae van Noag- die dae van die seuns van die gode en hulle eksperimente en hulle bose werke wat Yahweh laat besluit het om die boosheid uit te roei en die aarde amper vernietig het. En hier is ons weer.
‘En hier’s ons weer’. [ understatement of the year ]
Die ‘ons’ andersyds effe misplaas. Net ‘u’ sit nog innie ark.
Pssst…. Ou Bossie. Bespiegeling wil dit he jy’t n Daisy de Melker op ouvolk(1) getrek. Waar of vals?
Daar is by my geen twyfel dat mense reeds gekloon word ! As jy dit met n dier kan doen, waarom nie met n mens nie ? Maar dit is so n kontroversiële onderwerp, dat die wetenskaplikes dit uiters geheim moet hou. Ons moet onthou, wetenskaplikes is ook gewone mense, met gewone ambisies, sterkhede, EN swakhede. Nie almal is christene nie, en sal beslis hulle nie steur aan die Bybel, om die wedloop te wen, om die eerste mens te kloon nie ! Net soos aborsie, sal hierdie debat NOOIT n einde sien nie ! Net soos daar nou nog blankes is, wat beweer ons leef in die NSA ” demokratiese reënboog-paradys ! ” Ja, right !
Die kontroversie le waarin gesetel Laban?
Anders as organe wat reeds uit moederskoot aan jou toegeken is…..loop ieder en elk desedae rond met iemand anders se hart, lewer, long en phoepstring.
Die verskil dus ?
Staan duplisering gelyk aan n eiehandige/eensoortige skepping ?
n Egpaar sit met n terminale siek kind. Daarna blyk dit hul voorts kinderloos sal bly. Kloning voor sy/haar afsterwe bly n enigste opsie.
Sal u of sal u nie ?
Die verloopte argument dat iemand hierdeur ‘God as Skepper’ wil speel – gaan eenvoudig nie op nie.
Lewe is REEDS gegee. Kloning/duplisering slegs n gevolg….en nie n OORSAAK nie.
Wat se u ?
En wie het die streep waar getrek?
Hoeveel verskillende metodes het Christus nie self gebruik om siekes gesond te maak nie.
Selfs sy eie spuug weet jy.
En was Jesus nie self ook ‘n kloon van God nie.??
Vra maar net, want die Bybel seg so.
Ruiter, soos ek gesê het, sal eensgesindheid oor hierdie ding, NOOIT bereik word nie ! Die beste waarvoor ons kan hoop, net soos met aborsie, sal wees dat daar spesiale omstandighede is, waar die algemene publiek, en/of howe, dit sal aanvaar. Dit is miskien weer n situasie van, party mense sê die aarde is plat, en ander sê dit is rond ! Ek skaar my by die mense, wat sê die aarde is rond, al is hulle die minderheid. Maar of ek die guts het, om op n klein skippie te spring om te gaan uitvind ? Ek sal miskien liewer help om die skippie te koop !
‘En was Jesus nie self ook ‘n kloon van God nie.??
Vra maar net, want die Bybel seg so.’
Sjoe. Hoe eindeloos is die misleiding nie. En waar presies word geskryf dat Jesus ‘n kloon is van God? Sjoe.
Net die christen sal glo dat Jesus ‘n kloon is van Yahweh. En weer, sjoe.
Wat in die verskil tussen n Yamaha scooter en die kloning van n hond ( sien berig ) verstaan u nie ?
The Birds van Alfred Hitchcock uit Rome is hier. Shortarms-inspection ( of voorvel dril ) is uit. Alle sambrele oop !!!!
Sjoe! Trap ek nou in spreeustr*nt. Eeeeuw. Sjoe!
As twak redenasies ‘n siekte was …..