EFF en DA saam in die bed?

Indien daar ooit ‘n suksesvolle politieke huwelik kan wees, sal dit dié een wees waarin die EFF en die DA ‘n koalisie vorm. Met slegs klemverskille in hulle Afrikanerhaat, behoort hulle in daardie opsig goed oor die weg te kom.
Dit was politieke waarnemers se mening nadat Julius Malema, die EFF-leier gesê het dat as dit nodig is om koalisies te vorm om die ANC te onttroon, sal hulle dit doen.
Pas terug van sy skinderbesoek aan Londen, het hy tydens ‘n mediakonferensie in Johannesburg gesê die EFF se eerste mandaat is om die ANC as regerende party te onttroon.
Hy sê selfs rewolusionêres moet soms taktiese besluite neem en so ‘n koalisie sal hulle in staat stel om die regering aan die mense verantwoordbaar te hou.
Malema het in sy toespraak gefokus op die punt dat Britse maatskappye in die bank- en mynwese moet besef hulle moet transformeer as hulle wil aanhou om sake in Suid-Afrika te doen.
Hy sê hy het vir die Lonminbase gesê dat hulle skelm is en genoem dat van die nyweraars stem saam dat transformasie belangrik is.
Waarop kenners wonder dat as die woord nou al selfs so in Londen gebesig word, of dit dalk die nuwe eufemisme vir volksmoord is?
Hy ontken bewerings deur sy kritici dat hy na Londen gegaan het om geld te bedel by invloedryke mense.
Hy het gesê dat hulle gaan volgende jaar Absa beset. Hoekom sal invloedryke mense in die bankwese in Londen geld vir hulle gee?