Duitsland verleng betrokkenheid in Afgan

Tydens ’n sitting van die Duitse Laerhuis, is deur ’n eerste rondte en meerderheidstemming, goedkeuring gegee dat die weermag  se betrokkenheid in Afganistan verleng word tot die einde van 2016.

Die Duitse troepe word gestuur om teen die Islamitiese Staat te veg, en sal aansluiting vind by die vloot se sending wat vanaf die Mediterreense See opereer.

Ursula von der Leyen, Duitsland se Minister van Verdediging het gesê daar is nog nie ’n einde van die konflik in sig nie, en daarom kan Duitsland nie nou uit die gebied onttrek nie.

Sy het erken dat dit “ambisieus” was om te dink die troepe kan aan die einde van 2015 onttrek word uit Afganistan.

Die parlement het met ’n stemmetal van 480 uit 602 deelnemers ten gunste van haar voorstel gestem wat ook goedkeuring verleen om die aantal soldate te verhoog.

Die linkse opposisieparty het na afloop van die stemming ’n petisie ingehandig waarin versoek word dat Duitsland onttrek uit Afganistan.