Duitsers bewaar ou geldeenheid

Die eens bekende geldeenheid, die Duitse mark (DM) wat vir menige jong Duitser van vandag onbekend is, word steeds met nougesette versigtigheid deur duisende Duitsers bewaar.

Die geldeenheid, wat vandag nog gewissel kan word in Duitsland vir euro’s, sal verhandel word teen dieselfde koers as wat in 2001 van toepassing was.

Die Duitse Bundesbank het in ’n verklaring gesê die houers van die geld kan dit te enige tyd inhandig vir kontant in euro uitbetaling.

In ’n onafhanklike ondersoek is gevind dat Duitsers nie net baie sentimentele waarde heg aan die Duitse mark nie, maar nog steeds wantrouig is oor die euro en sy volhoubaarheid.

In die ondersoek is vasgestel dat minstens 54% van die bevolking nog steeds munte en note van die mark in hulle besit het.

Die Bundesbank sê die koers is steeds een euro vir 1.95583 DM.

Na raming is 24 biljoen DM steeds in besit van indiwiduele eienaars en ook nog in sirkulasie sonder om ooit by banke inbetaal te word.