Duitse vegvliegtuie gereed in Turkye

Met Rusland op die voorpunt en die koalisielande daarby, is die aanhoudende aanvalle op Islamitiese Staat (IS) se basisse sodanig dat die terroriste daagliks van basisse moet versit om nie onder skoot te kom nie.

Intussen het die Duitse lugmag ook twee super moderne jet vegvliegtuie gestuur in ondersteuning van die koalisielande se aanvalle.

Duitsland het ook aangekondig dat meer versterkings gestuur sal word wat dit glo moeiliker sal maak vir IS- magte om te ontvlug.

Die twee Duitse vegvliegtuie het landingsregte in Turkye en sal daarvandaan, met die steun van sowat 40 Duitse grondpersoneel hulle operasies in Sirië uitvoer.

Die Duitsers het met ses Tornado vliegtuie hulle benodighede na Turkye geneem en sal glo nog toerusting vervoer vanaf Duitsland soos wat nodig mag wees.

Onbevestigde berigte lui dat Duitsland ook besluit het om sowat 600 soldate na die gebied te stuur om in Sirië saam met die Duitse vegvliegtuie op te tree.