Duitse regering bevange oor Pegida

Die Federale Minister van Binnelandse Sake in Duitsland glo dat bewegings aan Pegida gekoppel, verbintenisse het met vêr-regse organisasies en deur hulle beïnvloed word.

Dit ondermyn glo die eis dat hulle die hoofstroom mense se organisasies verteenwoordig.

Die minister het tydens debat in die parlement gereageer op ’n vraag van die linkse “Left” party en gesê die intelligensie-agentskappe op federale en streeksvlak het gevind dat vêr-regse groepe waarby ingesluit word die Nasionale Demokratiese Party (NPG) en ook “Die Rechte” betrokke was om te help organiseer vir die GIDA optogte.

Hy verwys toe na die demonstrasie optogte in Berlyn, Nooord Rhyne-Westphalia, Saxony-Anhalt, Thuringia, Mecklenburg-Western Pomerania en Beiere.

Hy sê die vêr-regse invloed op individuele gevalle word deur die deelname van regse ekstremiste gedryf as organiseerders en bestuurders.

Hy het na die voorvalle verwys en gesê neo-Nazi agtergrond is waarneembaar by sekere sprekers in die regse geledere, en so is daar ook simbole wat gekoppel kan word tydens hulle demonstrasie optogte.

Pegida het sowat 20,000 mense byeen gebring tydens ’n byeenkoms in Dresden, wat deur een van die parlement se opposisielede glo bestempel is as “regse vegters” wat baie gevaarlik kan wees vir die veiligheid van die staat..