Die waarheid agter “demokrasie” en “menseregte”

Ons het onlangs besin oor die ware koste van “menseregte”, spesifiek hoe dit ter plaatse reg en geregtigheid verwoes.

Maar hoe is dit internasionaal gesteld?

Menseregte” en “demokrasie” is immers deur die internasionale “redders”, imperialiste van gister en eergister, na ons gebring.

Gebring om juis daardie gewaande “reg en geregtigheid” te bring in die plek van ontwikkeling van elke volk in hul streke van herkoms!

Ons vind die antwoord vandag in Kommunistiese Sjina, dieselfde Sjina wie se leiers deur die Engelse eerste minister en koningshuis met eerbetoon ontvang is ter wille van miljarde se besigheid.

Die VSA staan glad nie agter nie – reuse sakebelange word volgehou, nieteenstaande die verdrukkende kommunistiese beleid van hierdie handelsvennoot.

Nie net word ´n internasionaal-prominente “menseregte” aktivis vandag verhoor nie, maar Sjinese “mediavryheid” word tasbaar gedemonstreer deur die owerheid, daarin dat joernaliste word fisies verhinder van mediadekking oor die gebeure.

Duidelik is “menseregte” net belangrik indien dit nie die smouse daarvan hulle ponde of dollars kos nie!

Menseregte” en “demokrasie” is leë gonswoorde wat die imperialiste van gister en vandag lukraak inspan om hul eie geld- en magsbelange te dien.

Hierdie beleid was voorspelbaar.

Die “Koue oorlog” was bloot ´n winsgewende verlengstuk van die VSA se beleid van ekonomiese imperialisme sedert 1945 – gebou op die vreemde bondgenootskap en noue verbintenis tussen Roosevelt en Stalin.

Soos die VSA miljarde der miljarde verdien het uit beide wêreldoorloë, was die prys telkens miljoene se dood en onderdrukking.

Vandag gaan dit voort in die inmenging in olieryke streke, spesifiek waar regerings in daardie streke nie na die VSA se pype wil dans nie.

Maar die skuld rus net gedeeltelik op die VSA en sy bondgenote.

Juis die slaafse materialisme van plaaslike joiners en jingoiste, ook ter plaatse en onder baie van ons eie mense, verseker die sukses van hierdie nuwe imperiale uitbuiting.