Die stryd teen IS bly ingewikkeld

Die stryd teen die Islamitiese Staat (IS) is besig om na ’n volskaalse oorlog in die kleine te ontwikkel, terwyl groeiende kommer ontstaan oor die terreurgroep se finansiële vermoë om staande te bly.

In pas vrygestelde verslae word daarop gewys dat die IS terroriste meer as $500 miljoen ingesamel het vir olieverkope aan die Siriese regering van president Assad.

Alhoewel die gegewens slegs as beramings vrygestel is deur Amerika, bestaan daar rede vir kommer oor die ingewikkelde situasie in die gebied.

Rusland het tydens die G20 beraad in Turkye daarop gewys dat daar van die G20 lande hulle daaraan skuldig maak om olie te koop van die IS-magte.

Later is vasgestel dat Turkye ook olie-aankope gedoen van die terroriste het, wat Moskou rede gegee het om te dink Turkye het sy vegvliegtuig afgeskiet om die IS magte te ondersteun.

Met die ter perse gaan het Die Vryburger verneem dat die Duitse vegvliegtuie en ses Tornado vliegtuie reeds in Turkye aangekom het om daarvandaan aanvalle uit te voer op IS teikens in Sirië.

Tans is Rusland, die VSA, Brittanje, Duitsland en Frankryk betrokke by die oorlog teen IS magte, en word lugaanvalle daagliks uitgevoer.

Kenners meen egter die sukses sal eers behaal word as die bevolking op Siriese-, Irakese- en Afghanise- grondgebied eers oorreed is om teen IS te veg.

Strategiese ontleders wys daarop dat die ingewikkeldheid van die omstandighede besig is om te verdiep.

Die Turkse regering koop olie by IS magte

Assad van Sirië koop gereeld olie by die IS magte.

Rusland is in stryd met Turkye oor dié land sy vegvliegtuig afgeskiet het.

Amerika beskuldig die Russe daarvan dat hulle nie die IS magte beveg nie en eerder steun verleen aan die Assad-regime.

Rusland het intussen met see tot land missiele ’n groot aantal IS stellings vernietig.

Moskou beskuldig die VSA dat hy reeds meer as ’n jaar in Sirië besig is en in dié tyd minder verrig het as die Russe in twee weke.