Die koste van “menseregte”

Dit verbaas nie dat, namate die burgery in Parys weer hul normale gang begin gaan, dat daar kritiek uitgespreek word teen veiligheidsmaatreëls nie.

Owerhede se voorkomende optredes ontlok toenemende ontevredenheid, van sowel daardie Moslem-geledere wat die terroriste indirekte hulp (woonruimte en die beskerming van ´n gemeenskap om in rond te beweeg) gegee het, as kortsigtige liberale meningsvormers.

Dit beklemtoon, minstens vir die ingeligte nuusleser (of nuuskyker), opnuut dat die ware koste van “menseregte” is die altyd-teenwoordige bedreiging deur diegene wat uit haat en naywer ander as maklike teikens sien.

Die aanvalle in Parys was natuurlik op ´n afgryslike skaal, maar mense vergeet maklik dat Frankryk vroeër in 2015 onder andere ervaar het hoe Moslems met hul voertuie voetgangers by kruisings teiken.

Seker buurte in Europese stede is doodgewoon ´n bakermat van terrorisme en geweld.

Vir ons is dit niks nuut nie, maar met die hernieude radikalisering van die swart jeug deur die ANC-SAKP-EFF alliansie, moet ons uit ons eie resente geskiedenis leer.

Tot 1989-90 is die plaaslike terreur in bedwang gehou deur die toegewyde werk van ons veiligheidsmagte.

Uit die liberale kamp se eie syfers weet ons dat ANC-PAC-UDF terreur tot 1994 sowat 27-28 000 lewens geëis het.

Ons weet óók dat twee derdes die lewe gelaat het nadat FW de Klerk hierdie terroriste ontban en die hoof-aanstigter, Mandela, onvoorwaardelik vrygelaat het.

Mandela het in sy eie outobiografie erken dat die ANC berekend geweld verhoog het tussen 1990 en 1993!

Die koste van “menseregte” is dat reg en geregtigheid, wet en orde opgeoffer word – want dit word ondergeskik gestel aan die eise van massas wat in bykans elke geval weinig vir hulleself wil doen, anders as om bandelose lewens van genot en selfgelding te lei.

Dan wil hulle bloot vat van ander, en “menseregte” is hulle regverdiging.

Foto: Koste van menseregte.