Derduisende migrante het "ingesluip"

Dit is nie duidelik of die derduisende migrante wat Europa op bedenklike wyse ingesluip het, gewone “vlugtelinge” is, en of hulle nie dalk terroriste is nie.

Die Europese Unie (EU) is blykbaar nou met paniek gevul oor terreur, en het ’n afspraak gemaak met die Turkse staatshoof om die probleem saam aan te pak.

Die reaksie volg nadat die meerderheid van regeringsleiers en staatshoofde van EU-lidlande bekommerd is oor die toedrag van sake.

België het aangekondig dat hy met Turkye wil ooreenkom vir ’n strategie om beter kontrole uit te oefen oor migrante aangesien die gevoel bestaan dat Turkye tot hede ’n “blanko tjek” gehad het met die hantering van die vlugtelinge.

Volgens die president van die EU, Donald Tusk, het meer as 1,5 miljoen mense onwettig ingesluip in Europa waaroor daar geen beheer was nie.

Die EU wil in die komende 2 jaar sowat 3 miljard euro beskikbaar stel om die ontvangs van migrante in Turkye “te verbeter”.

Turkye moet in ruil daarvoor sorg dat die grense dig gesluit is om te voorkom dat migrante na Europa stroom.

Die Belgiese premier, Charles Michel, het benadruk dat sy land geen geld aan Turkye sal oorbetaal as daar nie sekerheid bestaan dat die land sy verantwoordelikheid stiptelik nakom nie.

Foto –  EU pres. Donald Tusk en Turkse premier