Corsica rebelleer teen Moslems

Op die Frans beheerde eiland Corsica het Christene ’n tweede dag van optogte gehou te midde van ’n verbod om daarmee hul onsteltenis bekend te maak oor die Moslembevolking op die eiland.

Die Eiland se hoofstad Ajaccio het gewemel van honderde beswaarmakers wat in die hoofstraat hul ontevredenheid te kenne gegee het oor die plaaslike Moslembevolking se teenwoordigheid op die eiland.

Die spanning het ontstaan nadat twee brandweermanne en ’n polisiebeampte verlede week gewond is in ’n skermutseling.

Na bewering het die voorvalle plaasgevind toe die slagoffers in ’n “hinderlaag” gelok is deur gemaskerde mense wat na ’n skietery ontvlug het.

Inwoners sê die gemaskerde mense was Moslems en verlede Saterdag het die inwoners weer die strate ingevaar met slagspreuke in ’n vreedsame optog.

Anti-Arabiese slagspreuke soos “Arabiere bly buite” het weerklink, maar later is opgemerk dat enkele optoggangers klippe gegooi het na winkels van vreemdelinge.