Byna sy oë verloor deur spoegslang

Adv. Johan Kruger (SC) het byna sy oë verloor, en dalk sy lewe, toe ’n Mosambiekse spoegkobra, met sy akkuraatheid, die gifstof na sy oe gespoeg het.

Hy sê die slang was uiters akkuraat en die gif het direk na sy oë gekom, teen ’n onverwagse snelheid wat geen kans bied om oë te knip nie.

As hy nie ’n bril gedra het nie, was daar ernstige probleme, het hy later gesê.

Hy sê hy was in die tuin op sy plaas in Wes-Transvaal toe hy ’n beweging gesien het en gemerk het iets gaan in ’n gat.

Vir hom was dit iets soos ’n koggelmander wat in die gat verdwyn het, en hy het gaan vasstel wat dit is.

Die volgende oomblik het hy die strale gif gesien, reguit na sy oë, en as dit nie was dat hy sy bril gedra het nie, was daar ernstige gevolge.

Nie ’n enkele druppeltjie van die gif het op sy vel beland nie, en dit het sy lewe gered, maar hy het ook nie gewag nie, en ’n klip oor die opening van die gat gesit.

Die Mosambiek-kobra word gereken as die mees akkurate spoegslang in die wêreld, en mis nooit sy teiken nie.