Britte woedend oor hulp aan buiteland

Britse belastingbetalers is woedend oor die regering se hulp aan ander lande terwyl talle plattelandse gebiede in Brittanje ’n sukkelende ekonomie het.

Gedurende die afgelope jaar het Brittanje glo meer as een biljoen Britse pond  aan hulp verleen aan ander lande, terwyl dorpe op die oomblik sonder owerheidshulp moet klaarkom om vloedwater te probeer wegwerk uit strate en geboue weens die gewelige groot oorstromings van die afgelope weke.

Lande soos Zimbabwe, die kommunistiese Noord-Korea, Afghanistan, Irak en nog 15 ander lande kry jaarliks ’n skenking van Brittanje, terwyl die lande glo verrot is in hulle korrupte regerings.

Volgens ’n Britse koerant het Brittanje sowat 1,2 biljoen pond geskenk aan 20 lande wat blykbaar almal so korrup is dat daar twyfel bestaan of die skenkings ooit by die bedoelde plekke aangewend word.

Inwoners van die vloedgeteisterde gebiede sê die regering het hulle versoeke om noodhulp te verskaf, geïgnoreer met die verskoning dat daar nie geld beskikbaar is nie, maar miljoene word aan ander lande beskikbaar gestel.