Brittanje se duurste straat

Die duurste straat om in te woon in die hele Brittanje, is glo die bekende Victoriaweg in Kensington waar die gemiddelde woonhuis sowat £8 miljoen kos.

Die straat met sy baie woonhuise wat van swier en vroeëre rykmans woonplekke getuig, is vandag nog uitsoekblyplek vir die welgesteldes.

Verskeie Amerikaners en Franse finansierders in die middestad van Londen sê dit is die plek om te woon as jy werksaam is in die middestad omdat dit ’n paar minute se ry daarheen is.

Dit is nie verniet dat die Kensington Paleis en die Royal Albert Saal daar geleë is nie, wat dan ook bydra daartoe dat ’n woonhuis maklik vir meer as R120 miljoen kan verkoop.

Geen wonder die Britte verwys deesdae nie meer na die straat as Miljoenerstraat nie, maar as Biljoenerstraat.