Brasiliaanse owerheid eis miljarde

Die Brasiliaanse owerheid gaan regstappe neem teen die BHP Billiton myngroep vanweë die skade wat veroorsaak is met die myn se dam wat gebreek en ondermeer ’n dorpie oorspoel het.

Die damwal wat gebreek het naby die Samarco-ertsmyn het ’n skade veroorsaak van nagenoeg 5 miljard euro.

Vroeër die maand is die dam besoek waar die myn se afval water opgedam word, en is gevind dat die damwal gebreek het weens die nalatigheid van die myngroep.

Die afval water het nie net ’n modder oorstroming van die nabygeleë myndorp veroorsaak nie, maar het ook ’n verwoestende pad van meer as 600 kilometer gelaat tot by die see.

Die Brasiliaanse president Dilma Rousseff het kort na die voorval die gebied per helikopter besoek en haar skok uitgespreek oor die geweldige skade wat teweeggebring is.

Die modderwater was verantwoordelik vir die dood van minstens 13 mense, tientalle huise en die inhoud daarvan is verwoes en baie mense se lewens is ontwrig.

Die Minister van Omgewingsake, Izabella Teixeira, sê in ’n verklaring dit is die grootste omgewings ramp wat die land nog ooit getref het.

Sy het daarop gewys dat die modder slik derduisende visse gedood het, baie plante vernietig en die vrees bestaan dat die slik ’n betonlaag oor ’n wye gebied kan vorm wat moeilik verwyder kan word  
Die owerheid het besluit om ’n aanklag in te dien teen die myngroep en oorweeg dit om boetes in te stel wat miljoene euro sal beloop.

Foto – president Dilma Rousseff