Brand in kragsentrale wek kommer

’n Brand wat uitgebreek het in een van België se kernkragsentrales het wye reaksie uitgelok en inwoners bekommerd gehad oor die moontlike implikasies daarvan.

Die Tihange-1 kernkragsentrale het die afgelope naweek met sy gesofistikeerde meganismes, outomaties afgeskakel toe ’n brand uitgebreek het.

Alhoewel die brand nie in die kernkrag-afdeling was nie, was die brandweer blitsvinnig op die toneel om te verhoed voordat die brand na die afdeling kon oorgaan.

Die brand wat binne ’n uur geblus is, het geen ernstige skade veroorsaak nie, en geen personeellid het nadelige gevolge opgedoen nie.

Die eenheid sal so spoedig moontlik weer aangeskakel word, maar die oorsaak van die brand moet eers vasgestel word, het ’n woordvoerder van die sentrale gesê.

Na verwagting kan dit tussen 7 en 10 dae duur voor die ondersoek afgehandel is waarna die eenheid weer in werking gestel sal word.