Bloedige warmte duur voort

Die bloedige hitte wat in groot dele van die land ondervind word, sal nog die hele week met ons wees, en daar kan nog warmer dae verwag word.

Sedert Sondag het die temperatuur gestyg in verskeie provinsies, terwyl dele van die Oos-Kaap ’n daling in dagtemperatuur het wat nie hoër as 28 grade Celsius is nie.

Die Westelike deel van die provinsie het egter gister tot 40 grade gehad, en die Wes-Kaap het self ook stygende temperatuur beleef.

Kaapstad en omgewing het 41 grade gemeet, en plekke in die Noord-Kaap het selfs nog warmer dae gekry.

In die sentrale gebiede van die land is temperatuur tot 36 grade gemeet, maar die tendens gaan nog die hele week duur.

Die kommerwekkende is dat die hittegolwe kom sonder om daarna verligting te bied met algemene reën. Die droogtetoestand is besig om kritieke afmetings aan te neem, en het ’n negatiewe invloed op voedselsekerheid.