BCVO Matriekuitslae 2015

Die CVO matriekgroep van 2015 het ’n 95% slaagsyfer behaal in die Independent Examination Board (IEB) se nasionale Seniorsertifikaat eksamen.

54% van die kandidate het toelating tot graadstudie verwerf. Die groep het saam 65 onderskeidings ingeoes. Ons is baie dankbaar en trots op die leerlinge.

Die beste presteerders in elke vak, asook die beste vyf kandidate kry DV Vrydag 8 Januarie 2016 tydens ’n formele dinee erkenning vir hulle prestasies.

Die volgende skole het ʼn 100% slaagsyfer behaal:

CVO Dankbaar – Bloemfontein, CVO Derby, CVO Eendracht – Heilbron, CVO Lichtenburg, CVO Omega, CVO Orania, CVO Potgietersrus, CVO Pretoria, CVO Hananja – Jeffreysbaai, Hoëveldrif vir CVO, CVO Vivo, CVO Vryburg, CVO Waterberg, CVO Zoutpansberg.

 

Alle eer aan die Here!