Assad onderhandel nie met terroriste

In sy eerste openbare toespraak sedert die Siriese rebelle ingewillig het om met onderhandelings te begin, het president Bashar al-Assad gesê hy onderhandel nie met terroriste nie.

Daarmee het Assad die pogings tot samesprekings tydelik verlangsaam en moet die Amerikaners nuwe planne bedink om vredesamesprekings te probeer bevorder.

Assad het daarop uitgebrei en gesê dit is nie sy beleid om met terroriste wat gewapen is, en deur buitelandse regerings ondersteun word, te onderhandel nie.

:Die wêreldmagte verwag van my en my regering om met terroriste te onderhandel, iets wat niemand anders sal aanvaar in hulle eie land nie”, het Assad gese, verwysende na die Siriese rebelle en die buitelandse regerings wat gretig is om met onderhandelings te begin.

Assad sê dat lande soos Saudi Arabië, Qatar, Turkye, en Westerse moondhede ondersteun die terroriste wat “rebelle” genoem word, en verwag nou dat sy regering met hulle moet onderhandel.

Hy het hom gewillig verklaar om met enige “egte en amptelike opposisie” te onderhandel, op voorwaarde dat hulle onverwyld die wapen neerlê om in ruil daarvoor amnestie te kry van die regering.

Tydens samesprekings met rebellegroepe en die koalisie lande het die belangrikse rebellegroep opgestaan en uitgestap omdat hulle nie te vinde is vir die Amerikaanse voorstelle nie.

Die Riyadh gesprek, ’n eerste van die aard, is gehou met 34 lede in die komitee wat dit ten doel stel om vredesonderhandelings aan die gang te kry.

Elf komiteelede verteenwoordig die rebellegroepe, en Westers gesteunde lande het slegs 9 lede, terwyl 6 Assad gesindes en 8 onafhanklikes sitting het op die komitee.

Een van die rebellegroepe het sterk Al-Kaïda verbintenisse, en kenners meen dit versterk Assad se siening om nie met terroriste te onderhandel nie.

Foto – President Assad