Anglo American halveer in waarde

Anglo American, die mynbou empire, se waarde het sedert die ANC tydperk aansienlik gedaal. In 2008 was die waarde nog £75-miljard, maar is tans slegs die helfte daarvan. Die afgelope tyd is verskeie myne se bedrywighede gestaak.

 

Die lae kommoditeitpryse, tesame met die huidige sukkelende wêreldekonomie het tot die verswakte mynboutoestand bygedra. Die toestand was verder benadeel toe die land se vakbonde met hulle nasionale stakings begin het en buitensporige loonverhogings afgedwing het. Selfs de tuimelende randwisselkoers kon nie vir al hierdie terugslae vergoed nie.

 

Die magtige Anglo American groep het oor die afgelope eeu geen goeie gesindheid teenoor die Afrikanervolk openbaar nie en hulle leier, Harry Oppenheimer, het by geleentheid gesê dat die Afrikaner in die pad staan van vooruitgang in Suid-Afrika. Die groep het dan ook op die voorpunt gestaan om die ANC regeringsoorname aan te help. Die kommunisties gedrewe ANC het egter nie die welwillendheid getoon wat verwag was nie en mynbou is tans ʼn nagmerrie in die land.