Aanval op egpaar in Rustenburg

Leon Venter is verlede naweek op ‘n hoewe naby Rustenburg deur vier terroriste aangeval.
Hy was besig om die tuin nat te spuit toe die aanval gebeur het. Drie van die terroriste het hom aangerand terwyl ‘n vierde een voor die huis waggehou het. Die terroriste was met ’n mes en ’n rewolwer gewapen.
Venter se vrou, Judith, is in die gesig geskop. Haar arms en bene is met elektriese koord vasgebind en die aanvallers het met ’n skroewedraaier ’n lap in haar mond probeer druk. Daar is ’n skeurplek onder haar tong.
Twee selfone, ’n tablet, skootrekenaar en beursie is gesteel.