3 verdagtes in Swanepoelmoorde in hof

Drie verdagtes wat van moord op die Swanepoelegpaar van Bainsvlei buite Bloemfontein aangekla is het, in die Vrystaatse hooggeregshof verskyn.
Die staat beweer dat Fana Ntshedi (19), Pantoon Bitterbos (24) en Nankies Louw (21) het die rooftog op 11 Januarie op die Swanepoels se plaas Kwaggalaagte vooraf beplan en toe op dié dag ’n ent van die huis geskuil en die egpaar se bewegings dopgehou.
Die drie word daarvan beskuldig dat hulle die egpaar ure lang gemartel het. Rienie (70) is herhaaldelik deur aldrie verkrag en toe later op haar man, Toon (72) doodgeskiet.
Hulle ontken skuld op al die aanklagte.
Die staat beweer dat hulle die moord op die Swanepoels se plaas Kwaggalaagte deeglik beplan en die huis dopgehou. Meer as R447,000 se goedere is gesteel.
Hulle het ook die wapenkluis se sleutels gekry en hulself met vuurwapens, ammunisie en twee kannetjies pepersproei bewapen.